Exodus 3:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal my hand uitstrek en Egipte verslaan met al my wonders wat Ek daarin sal doen; en daarna sal hy jou laat trek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sal Ek ingryp en Egipte hard slaan met allerhande verskriklike dinge wat Ek met hulle sal laat gebeur. Dan eers sal hy julle laat gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal my hand uitstrek en Egipte met al my wonders teister wat Ek daarin sal doen; en daarna sal hy julle laat trek. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal Ek my hand uitsteek en Egipte teister met die wonderdade wat Ek in hom sal doen. Eers daarna sal die farao julle laat gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek sal my hand uitsteek en Egipte tref met al my wonders wat Ek in hulle midde gaan doen. Daarna sal hy julle laat gaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal Ek hom nog swaarder straf en Ek sal wonderwerke doen wat die Egiptenaars baie swaar sal laat kry. Daarna sal die koning julle laat gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sal Ek ingryp en allerhande verskriklike dinge in die land laat gebeur. Eers nadat dit klaar gebeur het, sal hy instem om julle te laat gaan. |