Exodus 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet kom, jy en die oudstes van Israel, na die koning van Egipte, en julle moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet; en laat ons nou gaan, drie dagreise die woestyn in, dat ons aan die HERE onse God kan offer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die leiers van die Israeliete sal aanvaar wat jy sê. Julle moet dan almal saam na die koning van Egipte toe gaan en vir hom sê: ‘Ons het die Here, die God van die Hebreërs, ontmoet. Laat ons toe om drie dae ver die woestyn in te gaan sodat ons daar offers vir die Here ons God kan bring.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE, onse God, offer. |
| Afrikaans 1983 | “Die leiers van Israel sal na jou luister, en dan moet jy en hulle na die Egiptiese koning toe gaan en vir hom sê: ‘Die Here die God van die Hebreërs het Hom aan ons geopenbaar. Laat ons asseblief drie dagreise ver die woestyn in trek om vir ons God, die Here, 'n offer te bring.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hulle sal na jou luister, en dan moet jy en die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan. Julle moet vir hom sê, ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het Hom aan ons bekend gemaak. Laat ons asseblief dan nou drie dagreise ver die woestyn ingaan, sodat ons aan die Here ons God kan offer.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers sal na jou luister, en dan moet jy en die leiers van die Israeliete na die koning van Egipte toe gaan en vir hom sê: “Die Here, die God van die Hebreërs, het met ons gepraat. Laat ons asseblief in die woestyn ingaan, so ver soos 'n mens in drie dae kan loop. Ons wil daar vir ons God die Here offers bring.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die leiers van Israel sal aanvaar wat jy vir hulle sê. “Jy moet dan saam met hulle na die koning van Egipte toe gaan. Julle moet vir hom sê: ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het na ons toe gekom. Gee tog vir ons kans om vir drie dae lank weg te gaan. Ons wil graag in die woestyn vir die Here ons God offers gaan bring.’ |