Exodus 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het God vir Moses gesê: So moet jy aan die kinders van Israel sê: Die HERE, die God van jou vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na jou gestuur: dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenkteken van geslag tot geslag.
Afrikaans (NLV) 2011 God het verder vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: ‘Die Here, die God van julle voorouers — die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob — het my na julle toe gestuur.’ Dit sal altyd my Naam wees en dit is wat elke geslag My sal noem.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.
Afrikaans 1983 Verder sê God vir Moses: “Jy moet ook nog vir die Israeliete sê: ‘Die Here die God van julle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, het my na julle toe gestuur.’ Dit is ewig my Naam, dit is die Naam waarmee Ek aangeroep moet word van geslag tot geslag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God het weer vir Moses gesê: “So moet jy vir die Israeliete sê, “ ‘Die Here, die God van julle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, het my na julle gestuur.’ Dit is my Naam vir altyd; dit is my gevierde Naam van geslag tot geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het ook vir Moses gesê: “Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Die Here het my na julle toe gestuur. Hy is die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.’ My Naam sal altyd ‘die Here’ wees. Hulle moet My altyd so noem, ook die mense wat later gebore sal word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het ook nog verder vir Moses gesê: “Dit is wat jy vir die Israeliete moet sê: ‘Die Here, die God van julle voorgeslagte, God van Abraham, God van Isak, God van Jakob, het my na julle toe gestuur.’ Dit is wie Ek nog altyd was en dit is hoe al die geslagte wat nog moet kom, aan My sal dink.”