Exodus 29:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet hulle met gordels omgord, Aäron en sy seuns, en hulle die kappies aantrek; en die priesteramp moet hulle s'n wees as 'n ewige insetting; en jy moet Aäron en sy seuns wy.
Afrikaans (NLV) 2011 Sit hulle gordels om hulle heupe en laat hulle die tulbande opsit. So sal jy hulle in hulle ampte aanstel. Hulle sal dan vir altyd my priesters wees.
Afrikaans 1933/1953 en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel.
Afrikaans 1983 Bind die serpe om Aäron en sy seuns en bind die kopdoeke vir hulle vas. Die priesterskap moet vir hulle 'n blywende amp wees. “Jy moet vir Aäron en sy seuns soos volg wy:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die lyfserpe vir hulle, Aäron en sy seuns, ombind. Jy moet hulle kopdoeke vir hulle vasbind. Die priesterdiens sal hulle s'n wees as 'n vaste voorskrif wat altyd geld. So moet jy Aäron en sy seuns wy.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die skouer-serpe en die kopdoeke vir Aäron en sy seuns opsit. Hulle moet altyd priesters wees. Dit moet julle doen om Aäron en sy seuns te wy sodat hulle my priesters kan wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hang vir Aäron en sy seuns serpe om en laat hulle hulle hoede opsit. Hulle moet altyd hierdie klere dra wanneer hulle hulle werk by die tent kom doen.” “Stel dan Aäron en sy seuns in hulle diens aan en maak so: