Exodus 29:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die klere neem en Aäron die mantel en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed en die borstas aantrek en hom omgord met die gordel van die skouerkleed. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Trek vir Aäron sy klere aan saam met die mantel van die skouerkleed, die skouerkleed en die borssak. Maak die skouerkleed vas met die gordel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En neem die klere en beklee Aäron met die rok en die mantel van die skouerkleed en die skouerkleed self en die borstas, en bind hom die band van die skouerkleed om. |
| Afrikaans 1983 | “Vat die klere en trek vir Aäron die priesterklere, die skouerkleed, die mantel wat saam met die skouerkleed gedra word, en die borssak aan. Maak die skouerkleed vas met die gordel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet die klere neem en vir Aäron die priesterrok, die mantel van die efod, die efod en die borstas aantrek, en dan vir hom die efod styf vasmaak met die band. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Neem die priester-klere en trek dit vir Aäron aan: die rok, die skouer-kleed, die oorkleed wat hy saam met die skouer-kleed moet dra, en die borssak. Maak die skouer-kleed vas met die belt. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat die klere wat jy vir Aäron laat maak het en laat hy die hemp aantrek, die deel oorgooi wat oor sy skouers kom, die deel omhang wat daar bo-oor kom, en die sak voor sy bors hang. Hy moet dan die deel wat van sy skouers af hang, met die gordel vastrek. |