Exodus 29:46 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het, dat Ek onder hulle kan woon: Ek is die HERE hulle God.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal erken dat Ek die Here hulle God is. Dit is Ek wat hulle uit Egipte bevry het om saam met hulle te woon. Ek is die Here hulle God.”
Afrikaans 1933/1953 en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.
Afrikaans 1983 So sal hulle besef dat Ek, die Here, hulle God is wat hulle uit Egipte bevry het om tussen hulle te woon. Ek is die Here hulle God!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal weet dat Ek die Here hulle God is, wat hulle uit Egipteland gelei het om onder hulle te vertoef. Ek is die Here hulle God.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal dan besef dat Ek hulle God die Here is wat hulle vry uit Egipte laat weggaan het sodat Ek tussen hulle kan woon. Ek is hulle God die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal erken dat dit Ek was, die Here hulle God, wat hulle uit Egipte laat wegtrek het om saam met hulle te woon. Ek is die Here hulle God.”