Exodus 29:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die tent van samekoms en die altaar heilig; Ek sal ook Aäron en sy seuns heilig om My in die priesteramp te bedien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal die tabernakel en sy altaar ’n heilige plek maak. Ek sal Aäron en sy seuns vir My heilig as my priesters. |
| Afrikaans 1933/1953 | So sal Ek dan die tent van samekoms en die altaar heilig. Ek sal Aäron en sy seuns ook heilig om vir My die priesteramp te bedien. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal die tent van ontmoeting en die altaar heilig en ook vir Aäron en sy seuns om My as priesters te dien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal die Tent van Ontmoeting en die altaar heilig. Aäron en sy seuns sal Ek heilig om vir My as priesters op te tree. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal die tent wy waar Ek aan julle verskyn en ook die altaar. Ek sal ook vir Aäron en sy seuns wy sodat hulle my priesters kan wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal die tent van ontmoeting en die altaar die plekke maak wat vir My eenkant gesit is. Ek sal Aäron en sy seuns uitsonder van die res en hulle vir My as my priesters laat werk. |