Exodus 29:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar sal Ek die kinders van Israel ontmoet, en die tabernakel sal deur my heerlikheid geheilig word.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar sal Ek die Israeliete ontmoet en Ek sal dit ’n heilige plek maak omdat Ek daar is.
Afrikaans 1933/1953 En daar sal Ek met die kinders van Israel saamkom en die tent sal deur my heerlikheid geheilig word.
Afrikaans 1983 Dáár sal Ek die Israeliete ontmoet en daar sal hulle geheilig word deur my magtige teenwoordigheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal die Israeliete daar ontmoet, en die plek sal geheilig word deur my heerlike teenwoordigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal daar aan die Israeliete verskyn en Ek sal die plek wy wanneer Ek, die Koning, verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar sal Ek en Israel mekaar leer ken en sal dit vir hulle duidelik word hoe groot en belangrik Ek is.