Exodus 29:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit moet 'n voortdurende brandoffer wees vir julle geslagte by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE: waar Ek julle sal ontmoet om daar met jou te spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Van geslag tot geslag moet daar vir My elke dag ’n brandoffer by die ingang van die tabernakel gebring word. Daar sal Ek julle ontmoet en met julle praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit moet 'n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek. |
| Afrikaans 1983 | “Julle nakomelinge moet altyd 'n brandoffer vir My bring by die deur van die tent van ontmoeting. Dit is waar Ek julle sal ontmoet en met jou sal praat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit moet 'n gereelde •brandoffer wees vir julle nageslagte by die ingang van die Tent van Ontmoeting, daar voor die Here, waar Ek julle sal ontmoet om met jou te praat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle nageslag moet altyd so 'n brand-offer vir My bring by die ingang van die tent waar Ek aan julle verskyn en met julle praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Oor die jare moet daar altyd vir My ’n offer by die ingang van die tent verbrand word. Ek sal julle daar by die tent ontmoet en daar met julle gesels. |