Exodus 29:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die ander lam moet jy teen die aand berei en daarmee doen volgens die spysoffer van die môre en volgens sy drankoffer, as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die aandoffer word saam met meel, olie en wyn geoffer net soos dié van die oggend. Dit is ’n vuuroffer wat aangenaam is vir die Here.
Afrikaans 1933/1953 En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môre spysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot 'n lieflike geur. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans 1983 Die tweede lam moet jy teen die aand offer met dieselfde offer van meel, olie en wyn daarby as in die oggend. Dit moet 'n vuuroffer wees wat Ek met graagte aanvaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die tweede ramlam moet jy teen laatmiddag offer. Soos die •graanoffer in die oggend en die bypassende drankoffer, moet jy dit bring as 'n geurige offer, 'n offergawe aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die tweede lam offer wanneer dit aand word en julle moet ook meel, olyf-olie en wyn saam met die lam offer. Ek hou daarvan, dit is 'n vuur-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die tweede lam word teen die aand geoffer saam met ’n offer van meel, olie en wyn wat dieselfde is as dié in die oggend. Dit is ’n offer wat verbrand word. Die Here hou baie daarvan.”