Exodus 29:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En by die een lam 'n tiende deel meel gemeng met 'n vierde deel van 'n hin geklitste olie; en 'n vierde deel van 'n hin wyn as 'n drankoffer.
Afrikaans (NLV) 2011 Saam met die lam in die oggend moet jy een en ’n half kilogram fynmeel offer. Dit moet gemeng word met een liter gesuiwerde olie en een liter wyn.
Afrikaans 1933/1953 met 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer 'n kwart-hin wyn vir die een lam.
Afrikaans 1983 Saam met die eerste lam moet jy een en 'n half kilogram fynmeel offer, gemeng met een liter suiwer olie en een liter wyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) met 'n tiende van 'n efa gesifte meel, gemeng met 'n kwart hin geparste olyfolie, en 'n kwart hin wyn as •drankoffer vir die eerste lam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Saam met die eerste lam moet julle 'n issaron van die beste meel offer. Meng dit eers met 'n kwart hin skoon olyf-olie en 'n kwart hin wyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Saam met die lam in die oggend offer jy een kilogram meel wat met een liter suiwer olie en wyn gemeng is.