Exodus 29:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sewe dae lank moet jy vir die altaar versoening doen en dit heilig; en dit moet 'n hoogheilige altaar wees; elkeen wat aan die altaar raak, moet heilig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Sewe dae lank moet jy elke dag ’n versoeningsoffer op die altaar bring. Die altaar sal dan uitsluitlik aan God gewy wees. Enigeen wat daaraan raak, sal vir God afgesonder wees.
Afrikaans 1933/1953 Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. So sal dan die altaar hoogheilig word: elkeen wat aan die altaar raak, word heilig.
Afrikaans 1983 Sewe dae lank moet jy 'n versoeningsoffer op die altaar bring en dit wy. Dan sal die altaar besonder gewyd wees en alles wat daaraan raak, sal ook gewyd wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sewe dae lank moet jy versoening doen vir die altaar en dit heilig. Die altaar sal besonder heilig wees; elkeen wat aan die altaar raak, sal heilig word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet sewe dae lank die versoening-offer bring om die altaar te wy. Dan sal die altaar hoog-gewy wees. As iets dan aan die altaar raak, dan sal dit ook gewy wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir sewe dae moet jy elke dag offers by die altaar bring om vrede te bring tussen julle en God. Dra die altaar aan die Here op. Die altaar sal dan aan God alleen gewy wees. Enigeen wat dan daaraan raak, sal ook aan God gewy moet word.