Exodus 29:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet elke dag 'n bul as sondoffer tot versoening berei; en jy moet die altaar reinig as jy daarvoor versoening gedoen het, en salf om dit te heilig.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy moet elke dag ’n jong bul as sonde-offer bring met die oog op versoening. Bring ook ’n offer om die altaar te reinig. Gooi olie daaroor uit om dit aan die Here te wy.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet ook daagliks 'n sondofferbul tot versoening berei en die altaar ontsondig deur daarvoor versoening te doen; en jy moet dit salf om dit te heilig.
Afrikaans 1983 Elke dag moet jy 'n bul as sondeoffer offer. Jy moet die altaar deur jou versoeningsoffer reinig en dit salf om dit te wy.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Bul moet jy elke dag as reinigingsoffer bring vir versoening. Jy moet die altaar reinig wanneer jy daarvoor versoening doen, en dit salf om dit te heilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet elke dag 'n bul op die altaar offer. Dit is 'n sonde-offer en dit sal die altaar reinig. Julle moet ook die altaar salf om dit te wy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Offer elke dag ’n bul om vir hulle sonde te betaal. Daarmee word die sonde weggeneem en kom die sake weer reg met God. Gooi olie oor die altaar uit om dit aan die Here te wy.