Exodus 29:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as daar iets van die vleis van die wydings of van die brood oorbly tot die môre toe, dan moet jy die oorblywende met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As daar die volgende môre nog van die gewyde vleis of brood oor is, moet dit heeltemal verbrand word. Dit mag nie geëet word nie, want dit is vir God eenkant gesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as daar van die vleis van die wydingsoffer of van die brood tot die môre toe oorbly, moet jy wat oor is, met vuur verbrand; dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig. |
| Afrikaans 1983 | As daar die volgende môre gewyde vleis en brood oor is, moet jy dit verbrand. Dit mag dan nie meer geëet word nie, want dit is gewyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As daar van die vleis vir die priesterwyding, of van die brood, tot die oggend oorstaan, moet jy die oorskiet verbrand. Dit mag nie geëet word nie, want dit is heilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As daar die volgende oggend van die vleis en van die brood oor is, dan moet julle dit verbrand. Julle mag dit nie eet nie, want dit is gewyde kos. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Enigiets wat nog die volgende oggend oor is van die vleis of brood wat vir die bevestiging gebruik is, moet in die vuur verbrand word. Dit mag nie geëet word nie, want dit is vir God gegee.” |