Exodus 29:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle moet dit eet waarmee versoening gedoen is, om dit te heilig en te heilig; maar 'n vreemdeling mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net hulle mag van die brood en vleis eet waarmee hulle tydens hulle bevestiging vir hulle versoening gedoen is. Die gewone mense mag glad nie daarvan eet nie omdat dit heilig is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle moet die dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar 'n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig. |
| Afrikaans 1983 | Hulle moet die offer eet waarmee vir hulle versoening gedoen is by hulle wyding en reiniging. 'n Persoon wat nie priester is nie, mag nie daarvan eet nie, want dit is gewyd. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moet dit eet waarmee versoening gedoen is om hulle te wy en te heilig; 'n buitestander mag egter nie daarvan eet nie, omdat dit heilig is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet dit eet, want toe hulle priesters geword het, het hierdie offers versoening gebring vir hulle. Iemand wat nie 'n priester is nie, mag nie daarvan eet nie, want dit is gewyde kos. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net hulle mag van die offer eet wat gebruik is vir hulle sonde toe hulle in hulle dienswerk aangestel en aan God opgedra is. Iemand wat nie ook by die tent werk nie, mag glad nie daarvan eet nie. Hy is nie vir die werk van God afgesonder nie. |