Exodus 29:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daardie seun wat in sy plek priester is, moet hulle sewe dae lank aanstel as hy in die tent van samekoms ingaan om in die heiligdom te dien.
Afrikaans (NLV) 2011 Die seun van Aäron wat hom opvolg, moet hierdie klere sewe dae lank aanhou wanneer hy in die tabernakel ingaan en in die heiligdom met sy werk begin.
Afrikaans 1933/1953 Die een van sy seuns wat in sy plek priester word, wat in die tent van samekoms sal ingaan om in die heiligdom te dien, moet dit sewe dae lank aantrek.
Afrikaans 1983 Aäron se seun wat hom as priester opvolg en in die tent van ontmoeting ingaan om in die heiligdom diens te doen, moet die klere sewe dae aanhou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die een onder sy seuns wat priester word in sy plek en wat die Tent van Ontmoeting binnegaan om in die heiligdom dienswerk te doen, moet die klere sewe dae lank dra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron se seun wat ná hom die priester word, moet die klere sewe dae lank dra wanneer hy kom werk in die tent waar Ek aan julle verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die seun wat hom as priester opvolg, moet dit sewe dae lank aanhou wanneer hy met sy werk begin en na die tent kom om voor die Here te kom.”