Exodus 29:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit moet aan Aäron en sy seuns behoort volgens 'n ewige insetting van die kinders van Israel af; want dit is 'n hefoffer; en dit moet 'n hefoffer wees van die kinders van Israel van die dankoffers, hulle hef offer aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Voortaan sal hierdie dele na Aäron en sy afstammelinge gaan wanneer die mense van Israel ’n vrede-offer of dankoffer vir die Here bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En dit moet vir Aäron en sy seuns wees tot 'n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is 'n hefoffer; en dit sal 'n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers -- hulle hefoffer aan die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Dit is 'n blywende reëling vir die Israeliete dat Aäron en sy seuns hierdie deel kry. Dit is 'n offergawe en sal altyd 'n offergawe van die Israeliete wees. Hulle offergawe vir die Here moet uit hulle maaltydoffers geneem word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit kom Aäron en sy seuns toe as 'n deel wat hulle altyd moet kry van die kant van die Israeliete, want dit is 'n wydingsgeskenk. Dit moet 'n wydingsgeskenk wees van die kant van die Israeliete uit hulle •maaltydoffers, hulle wydingsgeskenk aan die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete moet altyd vir Aäron en sy seuns hierdie dele van hulle ete-offers gee. Dit is hulle present vir die Here.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is ’n vaste reël vir die Israeliete dat die bors en die boud van hulle offer wat hulle vir die Here bring om van te eet, eers aan Hom opgedra sal word en dan vir Aäron en sy seuns gegee sal word om te eet.” |