Exodus 29:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die skouer van die beweegoffer, wat beweeg en wat opgehef word, van die ram van die wyding, van wat vir Aäron is, en van wat vir sy seuns:
Afrikaans (NLV) 2011 “Die heilige dele van die ram wat gebruik is om Aäron en sy seuns te orden, moet vir hulle eenkant gesit word. Dit is die borsstuk en die boud wat na die Here toe uitgesteek is en aan Hom opgedra is.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld.
Afrikaans 1983 Die ram waarmee Aäron en sy seuns gewy is, se bors wat as beweegoffer beweeg is, en die boud wat as offergawe aangebied is, moet opsy gesit word vir Aäron en sy seuns.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Jy moet dit wat Aäron en sy seuns uit die ram vir die priesterwyding toekom, heilig verklaar: die borsstuk van die gewyde gawe wat heen en weer beweeg is, en die boud van die •wydingsgeskenk wat aangebied is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die bors en die boud van die offer wat gebruik word om Aäron-hulle te bevestig moet eenkant gesit word. Dit word na die Here uitgehou en aan Hom opgedra. Daarna kry Aäron en sy seuns dit om te eet.