Exodus 29:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die bors van die wydingsram van Aäron neem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; en dit moet jou deel wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vat die borsstuk van die ram waarmee Aäron georden is en hou dit uit na die Here toe om dit aan Hom op te dra. Daarna mag jy dit vir jouself hou om te eet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees. |
| Afrikaans 1983 | Vat die bors van die ram wat gebruik is vir Aäron se wyding, en beweeg dit heen en weer as beweegoffer voor My. Daarna kan jy dit vir jou vat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy moet die borsstuk uit die ram vir die priesterwyding van Aäron neem, en dit voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg. Dit is dan jou deel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [26-27] Die Here het vir Moses gesê: “Neem dan die bors van die skaap-ram wat julle geslag het om Aäron te wy, en beweeg dit voor My. Dit is 'n beweeg-offer. Julle moet die bors van die beweeg-offer vir Aäron en sy seuns gee om te eet, en ook die boud wat julle vir My present gegee het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die bors van die ram wat jy gebruik het om Aäron-hulle aan te stel mag jy vir jouself vat. Jy moet dit eers na die Here toe uithou en dit aan Hom opdra. Daarna kan jy dit vat. |