Exodus 29:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet alles in die hand van Aäron en in die hand van sy seuns gee; en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Laat Aäron en sy seuns hulle hande hou en sit dit alles in hulle hande. Hulle moet dit dan uitsteek na die Here toe as ’n geskenk wat hulle vir die Here aanbied. |
| Afrikaans 1933/1953 | En lê dit alles op die hande van Aäron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | en sit dit alles op Aäron en sy seuns se hande dat hulle dit heen en weer beweeg as 'n beweegoffer vir My, die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet dit alles op die handpalms van Aäron en die handpalms van sy seuns plaas, en dit voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sit dit alles op die hande van Aäron en sy seuns. Hulle moet dit heen en weer beweeg voor My. Dit is 'n beweeg-offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laat Aäron en sy seuns hulle hande na jou toe uithou en sit die brood en die vet in hulle hande. Hulle moet dit dan na die Here toe uithou en aan Hom opdra. |