Exodus 29:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en een brood en een koek met olie en een plat brood uit die mandjie met ongesuurde brode wat voor die aangesig van die HERE is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Uit die mandjie wat voor die Here gebring is, moet jy een van die brode, ’n stuk plaatkoek waarin olyfolie is, en van die wafels waaroor olie gegooi is, neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is. |
| Afrikaans 1983 | asook 'n ringbrood, 'n oliekoek en 'n roosterkoek uit die mandjie wat jy na die heiligdom toe gebring het, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | asook een ronde brood, een ongesuurde brood wat met olyfolie klam gemaak is, en een platbrood uit die mandjie met ongesuurde brood wat voor die Here is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Neem ook een rondebrood, een oliekoek en een roosterkoek uit die mandjie waarin die ongesuurde brood is wat julle gebring het om vir My te offer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Haal uit die broodmandjie wat voor die Here staan, die ronde brood, die brood wat met olie gesmeer is en die beskuit. |