Exodus 29:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jy moet ook van die ram die vet en die boud neem en die vet wat die binnegoed bedek, en die oorblyfsel bokant die lewer, en die twee niere en die vet wat daarop is, en die regterskouer; want dit is 'n wydingsram: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hierdie tweede ram word gebruik om Aäron en sy seuns in te seën. Sny die vet van die ram uit, ook die vet aan sy binnegoed, sy vetstert, die punt van die lewer, die twee niere met die vet oor hulle en die regterboud. |
| Afrikaans 1933/1953 | En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud -- want dit is 'n wydingsram -- |
| Afrikaans 1983 | Vat die ram waarmee Aäron en sy seuns gewy word, se vet, die vetstert, die vet wat oor die binnegoed is, die punt van die lewer, die twee niertjies, die niervet en die regterboud, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Jy moet uit die ram die vet neem, die vetstert, die vet wat die binnegoed bedek, die lewerlob, die twee niere en die vet wat daaraan is, en ook die regterboud – want dit is die ram vir die priesterwyding – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Neem die vet en die stertvet van die ram, die vet wat aan die ram se binnegoed is, en ook die onderste punt van die lewer, en die twee niere en die vet wat daaraan is, en die regter-boud. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die tweede ram word gebruik om die werkers by die tent vir hulle werk aan te stel. Sny daarvoor die ram se vet uit, ook sy vetstert, al die vet aan die binnegoed, die punt van die lewer, sy twee niere, asook die niervet en sy regterblad. |