Exodus 29:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet neem van die bloed wat op die altaar is, en van die salfolie, en sprinkel dit op Aäron en op sy klere en op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom; en hy moet geheilig word, en sy klere en sy seuns en sy seuns se klere saam met hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Vat dan van die bloed by die altaar en meng dit met die olie waarmee jy Aäron en sy seuns bevestig het. Sprinkel daarvan oor hulle en hulle klere. Dit wys dat hulle en hulle klere vir die Here afgesonder is.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet jy van die bloed wat aan die altaar is, neem en van die salfolie en dit sprinkel op Aäron en op sy klere sowel as op sy seuns en op die klere van sy seuns saam met hom, dat hy heilig kan wees en sy klere sowel as sy seuns en die klere van sy seuns saam met hom.
Afrikaans 1983 Vat van die bloed op die altaar en van die salfolie en sprinkel dit op Aäron en sy klere, en op sy seuns en hulle klere. Dan sal hy en sy klere, en sy seuns en hulle klere gewy wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet van die bloed wat teen die altaar is, neem, en ook van die salfolie, en dit op Aäron en sy klere sprinkel, en ook op sy seuns by hom en op sy seuns se klere. Hy en sy klere en saam met hom sy seuns en hulle klere sal dan heilig wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Neem 'n bietjie van die bloed wat op die altaar is, en van die salf-olie, en spat dit op Aäron en op sy klere. Spat ook daarvan op sy seuns en op hulle klere. Dan sal Aäron en sy seuns en hulle klere gewy wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Meng van die bloed op die altaar met die lekkerruikolie waarmee jy Aäron in sy werk bevestig het. Sprinkel dit oor Aäron en sy seuns en oor hulle klere. Dit dui aan dat hy en sy seuns en hulle klere vir die Here afgesonder is.