Exodus 29:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet jy die ram slag en van sy bloed neem en dit smeer aan die regteroor van Aäron en op die regteroor van sy seuns en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet, en sprinkel die bloed rondom op die altaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Slag die ram en vang sy bloed op. Smeer van sy bloed aan die regteroorlel van Aäron en sy seuns en ook aan hulle regterduime en regtergroottone. Sprinkel die bloed wat oor is teen die kant van die altaar.
Afrikaans 1933/1953 jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.
Afrikaans 1983 Slag die ram en vat van sy bloed en smeer dit aan die regteroorlelle van Aäron en sy seuns, ook aan hulle regterduime en regtergroottone. Sprinkel dan die bloed oral op die altaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet jy die ram slag, van sy bloed neem en dit aan Aäron se regteroorlel smeer, ook aan dié van sy seuns, aan die duime van hulle regterhande en aan die groottone van hulle regtervoete. Jy moet die res van die bloed reg rondom teen die altaar sprinkel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Slag die ram en neem 'n bietjie van sy bloed. Smeer dit aan Aäron en sy seuns se regter-ore, aan hulle regter-duime en aan hulle regter-groottone. Spat van die bloed op die altaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan slag jy die ram en smeer van sy bloed aan Aäron en sy seuns se regteroorlelle, hulle regterduime en hulle regtergroottone. Sprinkel die bloed wat oor is alkante teen die altaar.