Exodus 29:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ongesuurde brode en ongesuurde koeke wat met olie getemper is, en ongesuurde platkoeke met olie gesalf; van koringmeel moet jy dit maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bak ’n brood met meel sonder suurdeeg en plaatkoek met olyfolie en maak wafels waaroor olie gegooi is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en ongesuurde brood en ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk. Van fyn koringmeel moet jy dit maak. |
| Afrikaans 1983 | brood sonder suurdeeg, ringbrood sonder suurdeeg, geknie met olie, en roosterkoeke sonder suurdeeg, met olie gesmeer. Jy moet dit van koringmeel maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en ongesuurde brood en ongesuurde ringbrode wat met olyfolie gemeng is, asook ongesuurde platbrode wat met olyfolie gesmeer is. Van gesifte koringmeel moet jy dit bak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Neem die beste koringmeel en maak ongesuurde brood, rondebrood en roosterkoeke. Julle moet olyf-olie meng met die deeg van die rondebrood en julle moet olyf-olie aan die roosterkoeke smeer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bak ’n brood met koringmeel en ’n ronde brood waaroor olyfolie gesmeer word en beskuitjies wat in olie gedoop word. Jy moet glad nie suurdeeg gebruik wanneer jy dit bak nie. |