Exodus 29:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die ram in stukke sny en die binnegoed en sy pote was en dit in sy stukke en op sy kop sit.
Afrikaans (NLV) 2011 Sny die ram se karkas in verskillende dele op. Was die binnegoed en die pote af met water. Sit dit neer langs die kop en die ander dele van die vleis.
Afrikaans 1933/1953 En die ram moet jy in sy stukke verdeel, en was sy binnegoed en pote en sit dit by die orige stukke en by die kop.
Afrikaans 1983 Sny die ram op in stukke, was sy binnegoed en pootjies en sit dit neer by die stukke vleis en die kop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die ram moet jy in stukke opsny, sy binnegoed en pote afspoel, en dit by die stukke en sy kop neersit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die ram in stukke sny. Was die binnegoed en die pote en sit dit alles by die stukke vleis en die kop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sny die ram in verskillende stukke op. Was die binnegoed en pote met water af en sit dit neer by die kop en die stukke vleis wat jy opgesny het.