Exodus 29:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet al die vet wat die binnegoed bedek, en die oorblyfsel wat bokant die lewer is, en die twee niere en die vet wat daarop is, neem en dit op die altaar aan die brand steek.
Afrikaans (NLV) 2011 Vat die vet wat aan die dier se binnegoed was, die lewer en die twee niere met die vet daaraan en verbrand dit op die altaar.
Afrikaans 1933/1953 En neem al die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere en die vet wat daaraan is, en steek dit op die altaar aan die brand.
Afrikaans 1983 Vat al die vet wat oor die binnegoed is, die punt van die lewer, die twee niere en die niervet en verbrand dit op die altaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet al die vet wat die binnegoed bedek, neem, ook die lewerlob en die twee niere met die vet daaraan, en dit op die altaar verbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet al die vet wat aan die bul se binnegoed is, op die altaar verbrand, en ook die onderste punt van die lewer, en die niere en die vet wat daaraan is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Verbrand dan op die altaar die hele vetlaag wat oor die bul se binnegoed is, sy twee niere met die vet daaroor en die lewervet.