Exodus 29:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar smeer en al die bloed langs die onderkant van die altaar uitgiet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vat van die bul se bloed en smeer daarvan met jou vinger aan die horings van die altaar. Gooi die res van die bloed aan die onderkant van die altaar uit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet jy van die bloed van die bul neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar stryk; en al die orige bloed moet jy aan die onderkant van die altaar uitgiet. |
| Afrikaans 1983 | Vat van die bul se bloed en smeer dit met jou vingers aan die horings van die altaar. Gooi dan die bloed aan die voet van die altaar uit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet van die bul se bloed neem en dit met jou vinger aan die horings van die altaar smeer. Die res van die bloed moet jy teen die basis van die altaar uitgooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Neem 'n bietjie van die bul se bloed en smeer dit met jou vingers aan die horings van die altaar. Gooi dan al die bloed uit teen die voet van die altaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Smeer met jou vinger van die bloed van die bul aan die horings van die altaar. Gooi die res van sy bloed teen die onderkant van die altaar uit. |