Exodus 29:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet 'n bul voor die tent van samekoms laat bring; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.
Afrikaans (NLV) 2011 “Laat die bul by die ingang van die tabernakel staan. Aäron en sy seuns sit dan hulle hande op die dier se kop.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet die bul aanbring voor die tent van samekoms; en Aäron en sy seuns moet hulle hande op die kop van die bul lê.
Afrikaans 1983 bring die bul tot voor die tent van ontmoeting. Dan moet Aäron en sy seuns hulle hande op die bul se kop sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy moet die bul tot voor die Tent van Ontmoeting bring. Aäron en sy seuns moet hulle hande op die bul se kop plaas,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet julle die bul bring tot voor die tent waar Ek aan julle verskyn. Aäron en sy seuns moet hulle hande op die bul se kop sit,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) bring die bul na die tent toe. Laat Aäron en sy seuns nader kom sodat hulle hul hande op die bul se kop kan sit om aan te dui dat die bul vir hulle geoffer gaan word.