Exodus 29:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die saak wat jy aan hulle moet doen om hulle te heilig, om vir My die priesteramp te bedien: Neem een jong bul en twee ramme sonder gebrek,
Afrikaans (NLV) 2011 “So moet jy maak wanneer jy Aäron en sy seuns as priesters aan My toewy: Vat ’n gesonde jong bul en twee ramme.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die saak wat jy vir hulle moet doen om hulle te heilig, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien: Neem een jong bul en twee ramme wat sonder gebrek is,
Afrikaans 1983 “Jy moet vir Aäron en sy seuns soos volg wy om My te dien as priesters: vat 'n bul en twee ramme, almal sonder liggaamsgebrek,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Dit is wat jy met hulle moet doen om hulle te heilig, sodat hulle vir My as priesters kan optree: Neem een jong bul en twee ramme sonder gebrek,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet Aäron en sy seuns aan My wy sodat hulle my priesters kan wees. Julle moet 'n bul en twee skaap-ramme neem wat gesond is. Daar moet niks verkeerd wees met hulle nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy moet soos volg maak wanneer jy hulle aanstel om vir My te werk. Kry vir jou ’n jong bul en twee ramme wat nie enige foute het nie.