Exodus 28:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die gordel van die skouerkleed wat daarop is, moet daarvan wees, volgens die werk daarvan; ook van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ook die gordel moet van dieselfde soort materiaal gemaak word waarop daar met gouddraad en blou, pers en bloedrooi draad uitgeborduur is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. |
| Afrikaans 1983 | Dit moet ook 'n gordel hê van dieselfde gehalte en daarvoor moet ook gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne gebruik word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Versierde gordel wat daaroor kom, moet deel daarvan wees, en op dieselfde manier as die efod gemaak word van gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die skouer-kleed moet ook 'n belt hê om dit om die priester se middellyf vas te maak. Hulle moet die belt van dieselfde materiaal maak, van goud, van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die gordel waarmee dit om die heupe vasgemaak word, moet op dieselfde manier gemaak word met geborduurde gouddraad en blou en pers en bloedrooi wol. |