Exodus 28:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi, bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, met kunstige werk.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die gedeelte oor die skouers moet van geweefde linne gemaak word. Dit moet met gouddraad en blou, pers en bloedrooi draad geborduur word.
Afrikaans 1933/1953 En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.
Afrikaans 1983 om die skouerkleed te maak. Die blou, pers en bloedrooi wolstof en die goed geweefde linne moet met die gouddraad geborduur word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle moet dan die efod maak van gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne – met die kundigheid van 'n vakman.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle moet die skouer-kleed daarvan maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die deel wat oor die skouers kom, moet van geweefde linne gemaak word. Daar moet op ’n kunstige manier met gouddraad en blou, pers en bloedrooi wol daarop geborduur word.