Exodus 28:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle moet op Aäron en sy seuns wees as hulle by die tent van samekoms ingaan, of as hulle na die altaar kom om in die heiligdom te dien; dat hulle geen ongeregtigheid dra en sterwe nie; dit moet vir hom en sy nageslag ná hom 'n ewige insetting wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron en sy seuns moet elke keer hierdie klere aanhê wanneer hulle in die tabernakel ingaan of na die altaar toe gaan om daar hulle werk te doen. As hulle dit nie aanhet nie, sal hulle sterf. Dit is die vaste reëls vir Aäron en sy nageslag.”
Afrikaans 1933/1953 En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is 'n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag nhom.
Afrikaans 1983 Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van ontmoeting ingaan of as hulle na die altaar toe kom om diens in die heiligdom te doen, want anders sal hulle 'n oortreding begaan en sterf. Dit is 'n vaste voorskrif vir hulle en ook vir dié wat ná hulle kom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron en sy seuns moet dit aanhê wanneer hulle die Tent van Ontmoeting binnegaan, of wanneer hulle nader kom na die altaar om dienswerk te doen in die heiligdom, sodat hulle nie skuld op hulle laai en sterf nie. Dit is 'n voorskrif wat altyd geld vir hom en vir sy nageslag ná hom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron en sy seuns moet die broeke aantrek wanneer hulle ingaan in die tent waar Ek aan julle verskyn, of wanneer hulle nader gaan na die altaar om in die tempel te werk. As hulle nie die broeke aantrek nie, dan is dit sonde, en dan sal hulle sterf. Aäron en sy nageslag moet altyd gehoorsaam wees aan hierdie wet.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron en sy seuns moet dit aanhê wanneer hulle na die tent toe kom of na die altaar gaan om daar te werk. As hulle dit nie aanhet wanneer hulle daar werk nie, begaan hulle ’n oortreding waarvoor hulle met die dood gestraf kan word. Dit moet altyd die reël vir Aäron en sy nageslag wees wanneer hulle vir My werk.”