Exodus 28:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet dit op jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aantrek; en salf hulle en heilig hulle en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.
Afrikaans (NLV) 2011 “Laat Aäron en sy seuns hierdie klere aantrek. Salf hulle en bevestig hulle in hulle ampte. Stel hulle aan om My as afgesonderde priesters te dien.
Afrikaans 1933/1953 En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.
Afrikaans 1983 “Laat jou broer Aäron en sy seuns hierdie klere aantrek. Salf hulle, wy hulle en reinig hulle om vir My as priesters diens te doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Jy moet hulle aantrek, Aäron, jou broer, en sy seuns saam met hom. Dan moet jy hulle salf, hulle wy en hulle heilig, sodat hulle vir My as priesters kan optree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou broer Aäron en sy seuns moet hierdie klere aantrek, en jy moet hulle salf en wy sodat hulle priesters kan wees vir My.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat Aäron, jou broer, en sy seuns wat saam met hom is, hierdie klere aantrek. Gooi olie uit op hulle koppe en stel hulle aan as die mense wat vir My by die tent werk. Stel hulle aan My voor en bevestig hulle in hulle ampswerk as my priesters.