Exodus 28:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En vir die seuns van Aäron moet jy rokke maak, en jy moet vir hulle gordels maak, en hoede moet jy vir hulle maak, tot heerlikheid en tot prag.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak ook vir Aäron se seuns mantels, gordels en tulbande wat aan hulle waardigheid verleen.
Afrikaans 1933/1953 En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en tot sieraad.
Afrikaans 1983 Vir elkeen van sy seuns moet jy 'n stel priesterklere en 'n serp maak. Jy moet vir hulle kopdoeke maak wat waardig en mooi is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Vir Aäron se seuns moet jy priesterrokke maak. Jy moet ook vir hulle lyfserpe en kopdoeke maak. Jy moet dit vir hulle maak ter wille van waardigheid en as versiering.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vir Aäron se seuns ook rokke en skouer-serpe en kopdoeke maak. Hierdie klere moet mooi wees en dit moet wys hulle is priesters.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy moet ook vir Aäron se seuns klere laat maak vir hulle werk by die tent. Maak vir hulle gordels en hoede wat hulle van ander mense kan onderskei.