Exodus 28:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die klere wat hulle moet maak; 'n borstas en 'n skouerkleed en 'n mantel en 'n gebreide mantel, 'n tulband en 'n gordel; en hulle moet heilige klere maak vir jou broer Aäron en sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle moet vir hom ’n borssak, ’n skouerkleed, ’n mantel, ’n geweefde kleed, ’n tulband en ’n gordel maak. Hulle moet ook vir Aäron se seuns spesiale klere maak om te dra wanneer hulle die priester se werk kom doen.
Afrikaans 1933/1953 En dit is die klere wat hulle moet maak: 'n borstas en 'n skouerkleed en 'n mantel en 'n kunstig bewerkte rok, 'n tulband en 'n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
Afrikaans 1983 Hulle moet die volgende kledingstukke maak: 'n borssak, 'n skouerkleed, 'n mantel, geweefde priesterklere, 'n tulband en 'n serp. Dit is die gewyde klere wat vir jou broer Aäron en sy seuns gemaak moet word sodat hulle priesters kan wees in my diens.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Dit is die klere wat hulle moet maak: 'n borstas, 'n efod, 'n mantel, 'n omsoomde priesterrok, 'n tulband en 'n lyfserp. Hulle moet heilige klere maak vir Aäron, jou broer, en ook vir sy seuns, sodat hulle vir My as priesters kan optree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is die klere wat hulle vir hom moet maak: 'n borssak, 'n skouer-kleed, 'n oorkleed, 'n rok met 'n soom, 'n tulband en 'n skouer-serp. Hulle moet hierdie gewyde klere maak vir jou broer Aäron en vir sy seuns sodat hulle priesters kan wees vir My.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die klere wat hulle vir Aäron maak, moet bestaan uit ’n sak wat oor sy bors hang, ’n stuk materiaal wat oor sy skouers kom, ’n mantel wat agter oor sy skouers afhang, ’n hemp, ’n hoed vir sy kop en ’n gordel om om sy heupe te sit. Dit is spesiale klere wat Aäron en sy seuns moet dra wanneer hulle in die tent kom werk.