Exodus 28:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die bokleed van fyn linne borduur, en jy moet die tulband van fyn linne maak, en jy moet die gordel van naaldwerk maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Aäron se mantel moet van fyn linne gemaak word. Die tulband op sy kop moet ook van fyn linne gemaak word. Jy moet ook vir hom ’n gordel van geborduurde materiaal maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook 'n tulband van fyn linne maak, en 'n gordel moet jy van veelkleurige werk maak. |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet vir Aäron die priesterklere van linne weef en jy moet vir hom 'n tulband van linne en 'n geborduurde serp maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Weef die priesterrok in ruitpatroon met fyn linne. Dan moet jy 'n tulband van fyn linne maak. 'n Lyfserp moet jy ook maak – met die kundigheid van 'n borduurder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet vir Aäron 'n rok en 'n tulband van linne-materiaal maak en julle moet 'n skouer-serp maak en daarop borduur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy moet die hemp vir Aäron van fyn linne maak. Die hoed op sy kop moet ook daarvan gemaak word. Die gordel wat hy om sy heupe vassit, moet met borduurwerk versier wees.” |