Exodus 28:38 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit moet op Aäron se voorhoof wees, dat Aäron die ongeregtigheid van die heilige gawes kan dra wat die kinders van Israel in al hulle heilige gawes sal heilig; en dit sal altyd op sy voorhoof wees, sodat hulle welgevallig kan wees voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron sal dit op sy voorkop dra as teken dat hy medeskuldig is aan die oortredings wat Israel oor die offers begaan. Hy moet dit deurentyd dra sodat die Here goedgesind teenoor sy volk kan bly.
Afrikaans 1933/1953 So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig -- al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind.
Afrikaans 1983 Dit moet op Aäron se voorkop wees as teken dat hy aanspreeklik is vir elke ontwyding van die offers deur Israel. Die blom moet gedurig op Aäron se voorkop wees as teken dat Ek, die Here, die Israeliete goedgesind is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit moet op Aäron se voorkop wees, sodat Aäron enige skuld in verband met die •heilige gawes wat die Israeliete aan die Here wy, kan wegneem. Dit geld vir al hulle heilige geskenke. Die roset moet voortdurend op sy voorkop wees, sodat hulle voor die Here aanvaarbaar sal wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die blom moet op Aäron se voorkop wees. Die blom sal wys dit is Aäron wat moet seker maak dat die priesters die Israeliete se gewyde presente reg gebruik. Die blom moet altyd op Aäron se voorkop wees, dan sal die Here die presente aanvaar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron moet dit altyd op sy voorkop dra sodat die Israeliete in die Here se goeie boekies kan bly. Dit is ’n teken op Aäron se voorkop dat hy verantwoordelik gehou sal word as Israel verkeerd doen en nie aan die Here getrou is nie.