Exodus 28:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit moet op Aäron wees om te dien, en sy geluid sal gehoor word as hy in die heiligdom voor die aangesig van die HERE ingaan en as hy uitgaan, sodat hy nie sterwe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron moet die mantel elke keer aanhê wanneer hy na die Here toe gaan in die heiligdom. Die klokkies sal klingel wanneer hy ingaan en weer daar uitkom. As hy dit dra, sal hy niks oorkom nie.
Afrikaans 1933/1953 En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die HERE, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.
Afrikaans 1983 Aäron moet dit dra as hy diens doen. Wanneer hy in die heiligdom na My toe ingaan en as hy daarvandaan uitkom, sal die geluid van die klokkies gehoor word, en dan sal hy nie sterf nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aäron moet dit aanhê om dienswerk te kan doen. Die geluid van die klokkies moet gehoor word wanneer hy die heiligdom binnegaan, voor die Here, en wanneer hy uitgaan, sodat hy nie sterf nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Aäron moet die oorkleed dra wanneer hy in die tempel werk. Almal sal dan die klokkies hoor lui wanneer hy in die tempel ingaan om na My toe te kom en wanneer hy weer uitgaan. As julle dit doen, dan sal Aäron nie sterf nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aäron moet dit aanhê wanneer hy sy werk in die tent kom doen. Wanneer hy in die tent ingaan na die Here toe en wanneer hy weer daar uitkom, sal die klokkies lui. Hy sal dan niks kan oorkom nie.