Exodus 28:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die Urim en die Tummim in die borstas van oordeel sit; en hulle sal in die hart van Aäron wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan;
Afrikaans (NLV) 2011 Sit die Urim en die Tummim waarmee God se uitspraak bepaal word, in die borssak. Dit moet altyd oor Aäron se bors wees wanneer hy voor die Here kom. So dra Aäron altyd die tekens vir die regspraak in Israel op sy hart voor die Here.”
Afrikaans 1933/1953 Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983 Binne-in die borssak wat deur die priester gebruik word wanneer hy oor regsake moet beslis, moet jy die urim en tummim sit. Hulle moet op Aäron se bors wees as hy ingaan na My toe. Aäron moet gedurig die borssak vir regsake met die name van die stamme van Israel daarop, op sy bors dra as hy voor My, die Here, verskyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Jy moet in die borstas vir beslissing die Urim en Tummim plaas – dit moet bo Aäron se hart wees wanneer hy daar voor die Here ingaan. Aäron moet die middele vir beslissing vir die Israeliete altyd bo sy hart dra voor die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook die urim en die tummim in die borssak sit. Dit moet teen Aäron se hart wees wanneer hy ingaan na My toe. Aäron moet altyd die borssak teen sy hart dra wanneer hy na My toe kom om te hoor wat hy moet sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet die ‘urim’ en ‘tummim’ waarmee God se besluit bepaal word, in die sak sit wat hy oor sy bors dra. Aäron moet dit altyd aanhê wanneer hy voor die Here kom. So dra Aäron God se besluite altyd aan sy lyf.”