Exodus 28:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet spreek met almal wat wys van hart is, wat Ek vervul het met die gees van wysheid, dat hulle Aäron se klere kan maak om hom te wy, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
Afrikaans (NLV) 2011 Gee opdrag vir die manne wat die bekwaamheid het om vir Aäron klere te maak waarin hy vir My kan werk.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
Afrikaans 1983 Jy moet al die knap manne vir wie Ek met vakmanskap bedeel het, aansê om vir Aäron klere te maak sodat hy gewy kan word om 'n priester in my diens te wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet jy self ook praat met almal wat vaardig is, vir wie Ek met 'n wyse gees vervul het, sodat hulle Aäron se klere kan maak vir sy wyding om vir My as priester op te tree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet ook praat met al die kleremakers. Ek het hulle vaardig gemaak sodat hulle goed kan werk. Hulle moet vir Aäron klere maak om hom te wy sodat hy 'n priester kan wees vir My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy moet mense gebruik aan wie Ek uitsonderlike talente gegee het om die klere vir Aäron en sy seuns te maak.