Exodus 28:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Aäron moet die name van die kinders van Israel in die borstas van oordeel op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om gedurigdeur voor die aangesig van die HERE te gedenk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sodoende dra Aäron die name van die stamme van Israel in die borssak oor sy hart wanneer hy ingaan in die teenwoordigheid van die Here in die binneste heiligdom. So sal die Here voortdurend herinner word aan sy volk. |
| Afrikaans 1933/1953 | So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die HERE gedurigdeur. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer Aäron in die heiligdom ingaan, moet hy die name van die stamme van Israel op die borssak op sy bors dra om My, die Here, altyd aan hulle te herinner. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ So moet Aäron die name van die seuns van Israel bo sy hart op die borstas vir beslissing dra, as 'n durende herinnering voor die Here, wanneer hy die heiligdom binnegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron moet die name van die stamme van die Israeliete in die borssak teen sy hart dra wanneer hy in die tempel ingaan. So sal Aäron die Here altyd aan sy volk laat dink. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So sal Aäron altyd die name van die families van Israel wat op die sak voor sy bors vasgesit is, aan sy lyf dra wanneer hy in die tent ingaan om hulle name voor die Here te bring. |