Exodus 28:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En twee ander goue ringe moet jy maak, en sit dit aan die twee kante van die skouerkleed, onderaan, na die voorkant daarvan, teenoor sy ander koppelstuk, bokant die skouerkleed.
Afrikaans (NLV) 2011 Maak nog twee goue ringe en sit dit vas aan die skouerstukke onder aan die voorkant van die skouerkleed bokant die gordel.
Afrikaans 1933/1953 En maak twee goue ringe, en bevestig die aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
Afrikaans 1983 Dan moet jy twee ander goue ringe maak en dit aan die twee skouerbande van die skouerkleed vassit, laag af aan die voorkant, aan die naat net bo die gordel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet nog twee goue ringe maak en hulle vasheg aan die onderkant van die twee skouerbande van die efod, aan die voorkant naby die hegpunt van die skouerbande, bo die band van die efod.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet nog twee goue ringe maak en julle moet dit vassit voor aan die twee skouerbande van die skouer-kleed, net bokant die belt.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maak nog twee goue ringe en werk hulle laag af vas aan die bande van die deel wat oor skouers kom wat met die gordel om die heupe vasgetrek word.