Exodus 28:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet twee goue ringe maak, en jy moet dit aan die twee ente van die borstas vassit, aan die rand daarvan wat aan die binnekant van die skouerkleed is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak nog twee ander goue ringe en werk dit vas aan die onderste twee hoeke van die borssak, aan die binnekant langs die skouerkleed. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig die aan die twee onder-ente van die borstas, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant. |
| Afrikaans 1983 | Jy moet nog twee goue ringe maak en dit vaswerk aan die onderste hoeke van die borssak, aan die agterkant, die kant waar dit teen die skouerkleed is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jy moet twee goue ringe maak en dit aan die twee ander hoeke van die borstas vassit, aan die binnerand, teen die efod. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook twee goue ringe maak en julle moet dit vaswerk aan die onderste twee hoeke van die borssak, aan die binnekant van die skouer-kleed. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maak nog twee ander goue ringe en werk hulle aan die onderste twee hoeke van die sak vas, aan die binnekant waar dit op die deel rus wat oor die skouers kom. |