Exodus 28:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die klippe moet wees met die name van die kinders van Israel, twaalf, volgens hulle name, soos die gravures van 'n seël; elkeen met sy naam moet hulle wees volgens die twaalf stamme. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen van die stene verteenwoordig een van die stamme van Israel. Elke stam se naam moet daarop gegraveer word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam. |
| Afrikaans 1983 | Daar moet twaalf stene wees, een vir elke naam van die stamme van Israel. Die name van al twaalf stamme moet daarop gegraveer word soos op 'n seëlring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die stene moet gerangskik wees volgens die name van die seuns van Israel – twaalf, in ooreenstemming met hulle name. Met gravering soos op 'n seëlring moet elke steen sy naam kry, in ooreenstemming met die twaalf stamme. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar moet twaalf edelstene wees, een edelsteen vir elke seun van Jakob. Dit is ook die name van die twaalf stamme van Israel. Julle moet op elke edelsteen een van die name skryf, soos julle 'n naam op 'n ring skryf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op elkeen van die twaalf stene moet die naam van een van die twaalf families gegraveer wees, soos op ’n seëlring. |