Exodus 28:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die borstas van oordeel met listige werk maak; volgens die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak ’n borssak om daarmee die wil van die Here te bepaal. Dit moet ’n kunswerk wees, gemaak soos die skouerkleed uit geweefde linne geborduur met gouddraad en blou, pers en bloedrooi draad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet ook die borstas van beslissing maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak. |
| Afrikaans 1983 | “Maak 'n borssak wat deur die priester gebruik word wanneer hy oor regsake moet beslis. Dit moet netjies geborduur wees soos die skouerkleed, gemaak van gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Dan moet jy 'n borstas vir beslissing maak – met die kundigheid van 'n vakman. Soos in die geval van die efod, moet jy dit van gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet 'n borssak vir Aäron maak. Hy moet dit dra wanneer hy sê wat Ek wil hê julle moet doen. Julle moet dit maak soos die skouer-kleed. Julle moet die borssak maak van goud, van blou, rooi en bloedrooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die sak wat voor sy bors hang, moet ook ’n kunswerk wees. Dit moet net soos die deel wat oor die skouers kom, van geweefde linne wees. Dit moet geborduur word met gouddraad en blou en pers en bloedrooi wol. Dit moet gebruik word wanneer hy moet sê wat die Here oor iets besluit het. |