Exodus 28:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die twee klippe op die skouers van die skouerkleed sit as gedenkstene aan die kinders van Israel; en Aäron moet hulle name voor die aangesig van die HERE op sy twee skouers dra as gedenkteken. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Werk die gemonteerde stene nou vas aan die skouerstukke as herinneringstekens vir die Israeliete. Aäron sal hierdie name op sy twee skouers voor die Here dra om Hom aan hulle te herinner. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van Israel -- Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van die HERE om hulle in gedagtenis te bring. |
| Afrikaans 1983 | “Werk die twee stene vas op die skouerbande van die skouerkleed dat die stene kan herinner aan die stamme van Israel. So sal Aäron hulle name op sy twee skouers dra voor My, die Here, om My aan hulle te herinner. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sit die twee stene vas op die skouerbande van die efod as stene ter herinnering aan die seuns van Israel. Aäron moet hulle name voor die Here op sy skouers dra as 'n herinnering. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en julle moet dit vaswerk aan die skouerbande van die skouer-kleed. Hierdie klippe sal My laat dink aan die seuns van Jakob. Wanneer Aäron voor My staan, dan sal hy hulle name op sy skouers dra om My te laat dink aan die twaalf stamme van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Werk die twee stene vas op die twee skouerbande van die stuk wat oor die skouers kom. Dit verteenwoordig die Israeliete. Wanneer Aäron met hulle name op sy skouers voor die Here kom, sal God aan al die Israeliete dink. |