Exodus 28:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Met die werk van 'n klipgraver, soos die gravure van 'n seël, moet jy die twee klippe graveer met die name van die kinders van Israel;
Afrikaans (NLV) 2011 Die name moet graveer word soos op ’n seëlring. Monteer die twee stene dan in goud.
Afrikaans 1933/1953 Met graveerwerk, soos op 'n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud.
Afrikaans 1983 Jy moet 'n bekwame vakman wat graveerwerk op seëlringe kan doen, aansê om die name van die seuns van Israel op die twee stene te graveer, en monteer dit in goud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Met die vakmanskap van 'n bewerker van edelstene moet jy, soos wanneer op 'n seëlring gegraveer word, die twee stene met die name van die seuns van Israel graveer. Jy moet dit dan vassit, omring met monterings van gouddraad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Ambagsman wat mooi op ringe kan skryf, moet die name van Jakob se seuns op die klip skryf. Dan moet julle die twee klippe vassit in goud
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos ’n graveerkunstenaar ’n seëlring graveer, moet jy die name op die twee stene laat graveer. Die twee stene moet dan in goud gemonteer word.