Exodus 28:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En neem jou broer Aäron en sy seuns saam met hom uit die kinders van Israel na jou toe, dat hy vir my die priesteramp kan bedien, naamlik Aäron, Nadab en Abíhu, Eleasar en Itamar, die seuns van Aäron.
Afrikaans (NLV) 2011 “Laat jou broer, Aäron, en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar naderkom. Hulle is anders as die res van die volk. Hulle is my priesters. Hulle sal vir My by die tent werk.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet jy jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Ab¡hu, Ele sar en Itamar, die seuns van Aäron.
Afrikaans 1983 “Jy moet jou broer Aäron en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar na jou toe laat kom uit die volk Israel uit en hulle aanstel om My as priesters te dien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Jy self moet dan jou broer Aäron en sy seuns saam met hom uit die geledere van die Israeliete na jou laat nader kom, sodat hy as priester vir My kan optree. Dit is Aäron, en ook Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar, die seuns van Aäron.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar hulle moet na jou toe kom. Ek het hulle gekies om priesters vir My te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Roep jou broer Aäron en sy vier seuns, Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. Laat hulle na jou toe kom. Sê vir hulle dit is hulle taak om in die tent te werk. Hulle is die Here se priesters. “