Exodus 27:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy moet die voorhof van die tabernakel maak: aan die suidekant, na die suide, moet daar behangsels vir die voorhof wees van fyn dubbeldraad-linne van honderd el lank aan die een kant. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak ’n binnehof vir die tabernakel. Skort dit af met ’n gordyn van fyn linne. Aan die suidelike kant moet dit 44 meter lank wees. Die gordyn word regop gehou deur twintig regop koperpale wat op twintig voetstukke van koper staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees; |
| Afrikaans 1983 | “Jy moet ook 'n voorhof vir die tabernakel maak. Aan die suidekant, die regterkant, moet daar gordyne van goed geweefde linne wees, vyftig meter breed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Jy moet 'n binneplein vir die •tabernakel maak. Aan die suidekant moet die behangsels vir die binneplein van fyn dubbeldraadlinne wees, 'n honderd el lank vir die een kant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [9-11] Die Here het vir Moses gesê: “Daar moet 'n oop stuk grond rondom die tempel-tent wees. Julle moet dit toemaak met gordyne van goeie linne-materiaal. Die oop stuk grond moet 100 el lank en 50 el breed wees. Aan elke lang kant moet die gordyne hang aan 20 pale met 20 voetstukke van brons. Daar moet hake en ringe van silwer wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Jy moet vir die tent ook ’n binnehof maak. Dit is ’n vierkantige lapa met fyn linnemure. Aan die suidekant moet dit 44 meter lank wees. |